<big>K</big>ickshaw aanvaar die volgende XML-elemente en kenmerkname, kenmerkwaardes en inhoud wat met hierdie elemente verband hou:

<tt><b>Element:</b>			<b>Kenmerkname:</b>
menu           		id, label, icon, execute
separator      		label
item           		label, icon
↳action        		name
 ↳prompt       		<i>nie van toepassing</i>
 ↳command      		<i>nie van toepassing</i>
 ↳startupnotify		<i>nie van toepassing</i>
  ↳enabled     		<i>nie van toepassing</i>
  ↳icon        		<i>nie van toepassing</i>
  ↳name        		<i>nie van toepassing</i>
  ↳wmclass     		<i>nie van toepassing</i>

					<b>Kenmerkwaardes:</b>
action         		Execute, Exit, Reconfigure,
               		Restart, SessionLogout

					<b>Inhoud:</b>
enabled        		yes, no</tt>

Kieslys-ID's wat bestaan uit leë strings is geldig, maar soos enige ander kieslys-ID kan dit net een keer in 'n kieslys voorkom.

— — —

Die volgende kieslyste is ekwivalent en beide word deur Openbox en Kickshaw aanvaar.

<tt><b>(1)</b> &lt;openbox_menu&gt;

      &lt;menu id="menu1" label="Menu1"&gt;
        &lt;item label="item"/&gt;
      &lt;/menu&gt;

      &lt;menu id="root-menu"&gt;
        &lt;menu id="menu1"/&gt;
      &lt;/menu&gt;

    &lt;/openbox_menu&gt;</tt>

<tt><b>(2)</b> &lt;openbox_menu&gt;

      &lt;menu id="root-menu"&gt;
        &lt;menu id="menu1" label="Menu1"&gt;
          &lt;item label="item"/&gt;
        &lt;/menu&gt;
      &lt;/menu&gt;

    &lt;/openbox_menu&gt;</tt>

'n Kieslys word altyd in Kickshaw gewys soos dit in Openbox sou voorkom, dus is die laasgenoemde van die twee voorbeelde nader aan 'n WYSIWYG-benadering. Die nadeel is dat vir groot kieslyste dit 'n kieslyslêer enigsins verwarrend kan laat lyk. Om hierdie rede stoor Kickshaw altyd die kieslys by verstek in die eersgenoemde formaat (dit kan binne die voorkeure verander word).

Wanneer 'n lêer gestoor word, gebruik die program by verstek keepkarakters vir inkepings, maar vir die lees van die lêer is dit onbelangrik of sulke inkepings met spasies of keepkarakters gedoen is, net soos enige witspasie.

— — —

'n Kieslys kan teenstrydige kieslyskenmerke bevat, soos in die volgende voorbeeld:

<tt>&lt;openbox_menu&gt;

  &lt;menu id="menu1" label="outside" icon="out.jpg" execute="out" /&gt;

  &lt;menu id="root-menu"&gt;
    &lt;menu id="menu1" label="inside" icon="in.jpg" execute="in" /&gt;
  &lt;/menu&gt;

&lt;/openbox_menu&gt;</tt>

In hierdie geval volg Kickshaw die voorbeeld van Openbox en wys die icon-kenmerkwaarde van binne die wortelkieslys, terwyl dit die label- en execute-kenmerkwaardes van buite die wortelkieslys wys.
