— <b>Argumente om te gebruik wanneer die toepassing vanaf die bevelreël gestart word</b>

<big>W</big>anneer gestart word met die <tt>-v</tt> of <tt>--version</tt>-argument, word die huidige weergawe van Kickshaw gewys. Die <tt>-h</tt> en <tt>--help</tt>-argumente dien om 'n beskrywing te gee van hoe om toegang te verkry tot hierdie wenke-venster, gevolg deur 'n lys van die aanvaarde argumente.
Kickshaw kan ook gestart word met 'n lêerpad na 'n kieslys as 'n argument. As 'n newe-effek maak dit dit moontlik om kieslyslêers met Kickshaw oop te maak deur die kontekskieslys in lêerbestuurders te gebruik.

— <b>Lêers wat deur Kickshaw geskep word</b>

<b>Permanent</b>

Kickshaw skep sy eie instellingslêer met die naam <tt>.kickshawrc</tt>, wat binne die gebruiker se tuisgids geleë is.

<b>Tydelik</b>

Vir elke wysiging wat gedoen word, word 'n ontdoenstapel-lêer geskep binne <tt>/tmp/kickshaw.XXXXXX</tt> (die X'e is plaatshouers vir willekeurige letters en syfers). As die program onverwags beëindig word, sal die vouer bly staan, maar dit behoort geen kommer te wees nie aangesien dit slegs klein lêers bevat en dit gewoonlik outomaties verwyder sal word tydens die volgende herbegin.

Kickshaw skep ook 'n outostoorlêer binne die tuisgids met die naam <tt>.kickshaw_autosave</tt>. Dit word hernu na elke wysiging en verwyder wanneer die program gesluit word. Indien Kickshaw onreëlmatig gestop is, word die gebruiker by die volgende begin van die program gevra of die kieslys van die outostoorlêer herstel moet word of die outostoorlêer verwyder moet word.
